Daar is verskeie redes waarom belangegroepe ‘n belangrike rol in die ontwikkeling en instandhouding van die Negester Landgoed speel.
Eerstens, dit sal kortsigting wees om nie die kennis en ervaring van die inwoners te gebruik nie.
- Belangegroepe is ‘n manier om mense met dieselfde belangstelling by mekaar te bring.
- Alhoewel die belangegroepe slegs in ‘n raadgewende hoedanigheid optree, is die insette en bydrae van kardinale belang vir die inwoners.
- Die Negester-bestuurspan is direk betrokke by die bedrywighede van die belangegroepe om die nodige ondersteuning aan te bied.
Daar is tans vier belangegroepe wat omsien na:
- Omgewingsaktiwiteite
- Sportaktiwiteite
- Sosiale aktiwiteite
- Ondersteuningsaktiwiteite
Elk van die belangegroepe het ‘n ko-ordineerder wat die werksaamhede van die groep bestuur. Verder bestaan daar verskeie sub-belangegroepe wat toegespits is op spesifieke groepe, aktiwiteite, geleenthede en belange.
Die samestelling en bedrywighede van die belangegroepe is dinamies en sal aangepas en uitgebrei word soos nodig.



