Die ATKV-direksie het ongeveer sewe jaar gelede ʼn diversifikasiestrategie aanvaar om ondermeer betrokke te raak by die ontwikkeling en vestiging van ’n voetspoor vir beveiligde leefstylbehuising in Suid-Afrika vir die vyftigplusser-groep. Negester Onrusrivier en Negester Klein-Kariba was die begin van die uitvoering van hierdie strategie.
Die ontwikkelaar is Majestic Silver Trading (Edms) Bpk. Die ATKV besit 85% van die aandele, met privaat vennote 15%.
Die drie huidige direkteure wat deur die eienaars verkies is dien op die HEV sedert Oktober 2018.