Tydens die totstandkoming van verskeie belangegroepe vir Negester, was een van die beloftes die inwerkingstelling van ‘n biblioteek.
Alhoewel die biblioteek tydelik in die sorgsentrum gehuisves word, is die vooruitsig daar om dit in die beplande Klubhuis in te rig sodra die Klubhuis klaar gebou is.
Inwoners maak reeds gebruik van die beperkte hoeveelheid boeke en ruimte wat beskikbaar is. Daar word dus op ‘n deurlopende basis boeke benodig en skenkings is baie welkom.
Die biblioteek is Dinsdae en Donderdae oop tussen 14:00 en 16:00 en ook op Woensdae wanneer Suster Delia by die Sorgsentrum is.
Kontak asb vir Riana Viljoen by 014-736-2733 of 083-456-6950.