Doel:

Die doel van fietsry by Negester is om te kan oefen in ‘n veilige, onbesoedelde omgewing sodat ‘n mate van fiksheid gehandhaaf kan word.

Deelname:

  • Pad en/of bergfietsryers oefen daagliks saam as ‘n groep. (Die groep bevorder samehorigheid en dien as ‘n motivering om deel te neem).
  • Die roete bestaan uit 80% pad en 20% grond.
  • Dit begin daagliks (naweke uitgesluit) om 6:45 en ‘n afstand van ongeveer 15Km word gery.
  • Die stadigste fiets gee die pas aan.
  • Daar is geen ouderdomsbeperking nie.
  • Fietsryers sorg vir hulle eie fietse en bybehore soos ‘n valhelm en handskoene.

Terug na “Sportaktiwiteite”

Close Menu