Belangegroep

Die bestuur van veiligheidsaangeleenthede word deur die Veiligheids- en Sekuriteitsbelangegroep waargeneem.  Hierdie belangegroep dien direk onder die Huiseienaarsvereniging (HEV), wat deurlopend met mekaar in verbinding is.

Sekuriteitsmaatskappy

‘n 24/7 patrolliediens word deur ‘n onafhanklike sekuriteitsmaatskappy gelewer. Gedurende die nag word van sekuriteitswagte met honde gebruikgemaak.

Patrollies word nie net teen die lyndraad gedoen nie maar ook in die woonbuurt en langs wandelroetes, afhangende van weersomstandighede.

Omheinings

Negesterlandgoed is beskerm deur ‘n 5.7 km lank, 1.8m hoë draadheining met toegang deur die hoofhek, kontrakteurshek en die hek tussen Negester en Klein-Kariba oord.

Die geelektrifiseerde heining is gekoppel aan ‘n elektroniese stelsel in die beheerkamer wat SMS boodskappe stuur indien daar met die heining gepeuter word. Benewens die elektroniese stelsel word die heining  24 uur gepatroleer, snags met behulp van waghonde.

Buurtwag

‘n  Ambisieuse Buurtwag is in die omgewing aan die werk. Lidmaatskap van die buurtwag word tans onderhandel.

Velerlei voordele loop hand aan hand met so ‘n lidmaatskap, soos bv. ‘n groot aantal persone beskikbaar in ‘n kort tyd om bystand te lewer met  brande, misdaad en ander noodgevalle. Toegang tot n sekuriteitskamerastelsel wat toegangsroetes dek is ook beskikbaar.

Stelsel

Nakoming

Ten einde nakoming van hul opdragte te verseker word sekuriteitspersoneel ook deur hul werkgewers op ‘n ongereelde basis besoek.

Lede van die Veiligheids- en Sekuriteitsbelangegroep hou ook op ‘n deurlopende basis toesig oor werksaamhede.

Terug na “Beskerming”

Close Menu