Permanente tuin- en huishulpe word ook op die sekuriteitsstelsel geregistreer, op versoek van hul werkgewer, en van ‘n toegangskaart voorsien.
Die toegangskaart bly altyd op Negesterlandgoed.
Wanneer die hulp aanmeld vir diens word sy/haar toegangskaart deur die sekuriteitspersoneel by die hoofingang aan hom uitgereik inruil vir sy/haar ID-dokument.
Die hulp sal dan, vergesel van sy werkgewer, die landgoed binnekom en heeldag onder sy/haar toesig werk.
Wanneer die hulp die landgoed wil verlaat moet sy/haar werkgewer hom na die hoofingang vergesel.
By die hoofingang sal hy/sy die toegangskaart ruil vir sy ID-dokument en so sal die prosedure elke keer herhaal word.
Geen huis- of tuinhulp sal toegelaat word om alleen op die landgoed rond te beweeg nie.