Met die voltooing van vier jukskeibane die laaste week van Desember 2018 was daar heelwat belangstelling in die sportsoort. Met ervare spelers soos Oom Henk Kruger, Flip en Tessa Snyders, Johan Oosthuizen, Gert Marais, en ‘n paar ander inwoners, is nuwelinge gou touwys gemaak. Die skenking van ‘n aantal skeie het dit moontlik gemaak vir beginnerspelers om te speel sonder om eers hul eie skeie aan te skaf.

Die oefeningskeie is beskikbaar vir enige persoon, man of dame, om te gebruik vir oefensessies enige tyd van die dag. Georganiseerde oefensessies vind weeksdae plaas om 7h00 en duur gewoonlik nie langer as 2 to 2.5 ure nie.

Kom sluit gerus by ons aan of kontak Flip Snyders indien julle belangstel.

Terug na “Sportaktiwiteite”

Close Menu