Jukskeidag op Naboomspruit 23 Nov 2019

Ons span het 4 uit 18 geeindig met ‘n totaal van 34.5. Die eerste 3 spanne het 35.5, 35.5 en 35.0 gekry.

Jukskeidag op Naboomspruit 13 Nov 2019

Jukskeibraai 20 Jul 2019

Nylstroom Jukskeiklub - 8 Jul 2019

Geluk, Gert, Tersia en Flip raap pryse op.

Naboomspruit Jukskeiklub - Die Oog 25 Mei 2019

Geluk, Gert, Tersia en Flip raap pryse op.

Jukskei Toernooi - Die Oog 1 Mar 2019


‘n Jukskeitoernooi geborg deur Aquella Water is by Die Oog gehou op die 1st Maart 2019. ‘n Span van Negester het gaan deelneem en besonders goed gevaar. Daarna is lekker gebraai en gekuier.

Inhuldiging van Negester Jukskeibane

Negester se Jukskeibane is amptelik ingehuldig op die 9de Februarie 2019. Die President van Jukskei Suid-Afrika, Meneer Nico Nel was die gasspreker vir die geleentheid. 

Die geleentheid is deur talle inwoners bygewoon en die deelnemende spelers het veral uitgestaan in hulle nuwe lemmetjiegroen T-hemde wat deur M&S Bouers geborg is.

Die geleentheid is afgesluit met ‘n braai en kuiermiddag

Jukskei oefensessie

Met die aankondiging vir die amptelike opening van die jukskeibane op 7 Februarie 2019 is daar van elke geleentheid gebruik gemaak om so veel as moontlik spelers bymekaar en gereed te kry vir die geleentheid.

DSC_1216_renamed_15221

Opening van Negester Jukskeibane

Die jukskeibane was nog nie eers behoorlik klaar nie toe daar vir die 8st Desember 2018 ‘n uitstappie vir die inwoners gereël is, waarna ‘n paar spelers vir die eerste keer as ‘n span gespeel het om die spel te demonstreer aan al die ander inwoners wat die geleentheid bygewoon het.

Die eerste jukskeispan het bestaan uit: (Van links na regs op die foto) Gert Marais, Jurie Swart, Flip Snyders, Ben Ras, Annatjie Ras, Tessa Snyders, Henk Kruger en Johan Oosthuizen.

Terug na “Jukskei”

Close Menu