
Tydens die totstandkoming van verskeie belangegroepe vir Negester was lyndans baie gou geïdentifiseer as ‘n groot moontlikheid. Nadat ‘n geskikte motorhuis gevind is waar ‘n groot groep dames in kan dans, het die groep afgeskop. ‘n Privaatinstrukteur wat bekend is met dié danse, se dienste is bekom om die gewillige dames touwys te maak.
Negester weergalm Maandae en Donderdae om 16:00 aan huis van Annette Swart, Hardekoolstraat 8, met heerlike musiek waarop daar lekker gedans word. Maandae gee die instrukteur klas en Donderdae oefen die dames op hulle eie.
Sodra die beplande klubhuis voltooi is, sal die dames daarheen verskuif.
Kontak asseblief vir Annette Swart by 014-736-2594 of 083-232-4155 om deel te neem aan die pret en terselfdertyd fiks te word.
Datum wanneer begin: Junie 2018
Hoe groot groep: ±10 dames
Wie is afrigter: Marie van Rooyen
Optredes: Valentynsdans