MEDIES EN GESONDHEID

Die insluiting van ‘n sorgsentrum by die Negesterlandgoed was vir menige voorlopige kopers ‘n belangrike aspek, indien nie die beslissende faktor, vir hulle besluit om by Negester te vestig.

Alhoewel daar tans nog nie baie inwoners is wat ‘n sorgdiens benodig nie, is daar ‘n bepaalde proses wat gevolg moet word om die beplande dienste aan te bied. Dit is belangrik dat alle inwoners bewus is van die omvang van die beoogde dienste asook hoe dit in die toekoms hulle sak gaan raak. 

Close Menu