In noodgevalle is daar nie tyd om telefoonnommers te soek en om adresse van hospitale uit te vind nie. 

Maak seker jy weet vooraf wat die belangrikste telefoonnomers is, of ten minste waar om dit vinnig en maklik in die hande te kry. Om vooraf seker te maak waar al die verskillende hospitale is, gaan alles net soveel makliker maak en dit kan lewensbelangrik wees.

Hier is aanwysings vir die St. Vincent’s hospitaal in Bela-Bela en die Netcare Montana hospitaal wat die naaste groot hospitaal aan Negester is.

Indien daar nog instansies bygevoeg moet word, laat weet asseblief.

Hospitaal in Bela-Bela St. Vincent's

Adres:

St. Vincent’s Hospitaal
30 Quaggastraat
Bela-Bela

Telnr. 014 736 2310

 

Padaanwysings

St. Vincent’s Hospitaal is ongeveer 15km vanaf Negester (29 minute se ry)

Hoe om daar te kom:

  • Neem die R101 na Bela-Bela
  • Draai regs in Voortrekkerweg (By Shell motorhawe)
  • Hou aan met Voortrekkerweg verby die oord, munisipaliteit en hospitaal
  • By sirkel, gaan om en neem derde afdraai, Quaggastraat (dubbelpad)
  • Hou aan met Quaggastraat tot die pad enkel word verby die kruising met Gilfillanstraat
  • 50m Na die pad enkel word, draai regs in Meiningerweg
  • Ingang van hospitaal is ongeveer 200m aan regterkant. 

Naaste hospitaal in Pretoria - Netcare Montana

Adres:

Netcare Montana Hospitaal
Dr. Swanepoelweg 
Montana Park
Pretoria

Telnr. 012 523 3000

Padaanwysings

Die Netcare Montana Hospitaal is ongeveer 110km vanaf Negester (1  uur en 20 min se ry)

Hoe om daar te kom:

  • Neem die N1 na Pretoria
  • Bly op die N1 snelweg tot verby die tweede tolhek
  • Neem die R513 Sefako Makgatho afrit (Voorheen Zambeziweg)
  • Hou aan met Sefako Makgathoweg verby die Kolonnade winkelsentrum (Ongeveer 3km van N1 snelweg)
  • Draai regs in Dr. Swanepoelweg (700m verby Kolonnadewinkelsentrum)
  • Hospitaal sit 500m verder aan die regterkant.
  • Ingang van hospitaal is in Rooibosstraat, eerste straat regs net na die hospitaal.  

Terug na “Medies & Gesondheid”

Close Menu