Sterrelig header

Tydens die inligtingsessies wat gehou is in 2018 en die daaropvolgende gesprekke, het dit duidelik geword dat die inwoners van Negester nie voldoende ingelig was oor gebeure in en om Negester nie, veral met betrekking tot die omvang en tydskedules van die ontwikkelling. Aangesien Negester ook relatief vinnig gegroei het, was daar ook toenemend ‘n behoefte aan strukture om sake gladder te laat verloop en die kundigheid van inwoners op verskillende vlakke te gebruik.  Hierdie toedrag van sake het ook gelei tot verskeie menings gebaseer op onakkurate inligting, wat telkens uitgeloop het op ongelukkigheid by inwoners. Ek het toe  aan Piet Pieters (destydse voorsitter van die HEV) ‘n konsep belangegroepplan voorgelê. Hy het dit aan die HEV bestuur voorgelê, en so het die wiel stadig begin draai.

Een van die belangegroepe was dan ook kommunikasie, met onder andere ‘n gereelde amptelike nuusbrief. Na gesprekke tussen myself en Roelf Venter, het ons besluit om voort te gaan, en so het die eerste nuusbrief die lig gesien, aan die einde van September 2018. Die doel van die nuusbrief was/is om die inwoners en eienaars, op ‘n maandelikse basis, in te lig oor gebeure in en om Negester. Gou het ons agtergekom, dat die uitgee van ‘n amptelike nuusbrief van Negester HEV, aan sekere vreistes moet voldoen, wat noodwendig finansiële implikasies het. Ek het die ontwikkelaar daaroor genader, en hulle het besluit om in belang van die bemarking van, en korporatiewe beeld van Negester, te help en die nuusbrief se kostes tydelik te dra, waaroor ons baie dankbaar is.

In die eerste uitgawe het ons die inwoners gevra om voorstelle vir ‘n naam vir die nuusbrief in te dien. Uit die bykans 25 name, is daar toe besluit op Sterrelig, wat baie gepas dui op die lig wat die nuusbrief bring asook die inligting wat verskaf word daarmee.

ONTHOU

Sperdatum vir die volgende STERRELIG bydae.
Laat ons asseblief julle inligting, artikels en fotos kry.

Terug na “Kommunikasie”

Close Menu