Renosterstropery in die Kruger Wildtuin - 12 Maart 2019

Genl.-maj. Johan Jooste van SANParke het Negester op 12 Maart 2019 besoek as ons eerste gasspreker van 2019. Hy het inligting oor die teenstroperyoperasies in SANParke, met die klem op die Nasionale Kruger Wildtuin, met Negester inwoners kom deel.

Slangpraatjie - 24 November 2018

Negester se omgewingsbelangegroep
het ’n inligtingsessie op 24 Oktober 2018 by die HEV-kantore gehou, waartydens algemene inligting aan inwoners oorgedra is aangaande sake/dinge/goeters oor die omgewing waarin ons woon – wat van algemene belang is vir almal.

Verskeie onderwerpe en idees is bespreek. Cor Viljoen was ook teenwoordig met sy slange en het ook waardevolle kennis met almal gedeel.

Omgewings-inligtingsessie met verwysing na Negester landgoed - 4 April 2018

Dit is die eerste inligtingsessie wat vir die inwoners van Negester aangebied is om meer te leer oor die diere, plante, reptiele, insekte en goggas wat ons in aanraking mag kom.

Die sessie is gelei deur Arrie Schreiber met bydraes deur ander persone soos Jan de Beer, Flip Snyders en Cor Viljoen.  

Terug na “Omgewingsaktiwiteite”

Close Menu