Tydens die totstandkoming van verskeie belangegroepe vir Negester, is daar baie gou agtergekom dat enige vorm van musiek, saamsing of die speel van instrumente belangrik is vir ons inwoners en ons as groep bymekaar trek.
Ons wil poog om geleenthede te skep om sommer so in die ope bosveldlug bymekaar te kom om bekende volksliedjies en ander lekker-sing liedjies saam te sing.
Ons wil daarom baie graag die inwoners versoek om hul instrumente bekend te stel om sodoende ‘n opname te kan maak van wat daar beskikbaar is.
Kontak dus asseblief vir Mari Hoogenboezem by 014-736-2738 of 083-607-5787.