Sedert die totstandkoming van verskeie belangegroepe binne Negester, het Annemie Erasmus leiding geneem as sameroeper van alle sosiale funksies.

Hierdie funksies kan óf self geïnisiëer word óf in samewerking met ander sameroepers (sport, omgewing, ens.) plaasvind. So ‘n aktiwiteit/funksie verg normaalweg baie en goeie beplanning asook koördinering en die samewerking van alle inwoners is belangrik.

Omdat sosiale funksies meestal vir Negester se inwoners bedoel is, word alle hulp waardeer.  Hierdie aktiwiteit het gewoonlik nie vaste lede nie en word inwoners, afhangende van die tipe funksie, genader om hulp te verleen.

Enige inwoner wat graag by die funksies/onthale wil inskakel moet vir Annemie Erasmus kontak by 014-736-2707 of 084-582-2755.s

Onthou

Vetkoekverkope Vrydag 12 April 2019

Terug na “Sosiale aktiwiteite”

Close Menu