
Die inwoners van Negester het sommer gou die behoefte geïdentifiseer om ‘n speletjiesgroep te stig. ‘n Informele speletjiesdag het vinnig gewild geword onder die inwoners.
Daar word gepoog om elke Vrydagmiddag om 14:00 by die HEV-saal bymekaar te kom en verskillende speletjies word dan gespeel, onder andere Rummy Cup, kaarte, Tri-ominos, ens. Spesiale tafels en stoele is vir dié doel aangekoop en daar is dus meer as genoeg sitplek vir diegene wat sou belangstel.
Bring asb. enige speletjie saam en deel dit met vriende en ander inwoners.
Kontak asseblief vir Annemie Erasmus by 014-736-2707 of 083-582-2755 en kom neem deel aan die pret.