Beplande ontwikkeling en projekte
1). Fase 2
Deel van die ontwikkeling van Fase 2 sluit die bou van die klubhuis in. Planne is alreeds by die munisipaliteit ingedien en tenders gevra. Daar word beplan om met die bouwerk in Mei te begin met voltooing van die klubhuis in November 2019. Sien planne van klubhuis en Terreinplan
‘n Paar kleiner projekte wat geïdentifiseer is, en afhanklik van die bou van die klubhuis is, is bv. die verhitting van die swembad aangesien die klubhuis se dak gebruik gaan word vir verhittingstoerusting.
Die aanleg van krag vir die boma-, jukskei- en tennisbaanarea is beplan en sal gedoen word terwyl die klubhuis gebou word.
2). Werkswinkels
Die bou van twee werkswinkels op die perseel van die karavanstoorplek sal binnekort begin.
3). Uitkykpunt
Lood is besig met die beplanning van die nuwe uitkykpunt wat inwoners ‘n prag uitsig van Negester gaan gee.
4). Goedgekeurde projekte
4.1 Die bou van die tennisoefenmuur is goedgekeur en sal binne die volgende maand gebou word.
4.2 Die vervanging van die grys om die bomatafel met sement of plaveisel sal gedoen word.
4.3 Die installering van ‘n veiligheids “grid” op die swembadmuur sal gedoen word aangesien dit ‘n bekommernis vir baie inwoners is.
5). Toegangshek tussen Negester en Klein-Kariba
Daar is goedkeuring gegee om die huidige vinger/kaartstelsel met kameras aan te vul sodat die toegang van inwoners na en van Klein-Kariba elektronies gemonitor kan word en dit nie meer nodig sal wees vir ‘n wag by die hek nie. Die stelsel sal 1 April 2019 in werking tree.
Ondersteunende dokumentasie / planne
Klubhuisplanne
Terreinplan