Aangesien wetgewing voorskryf wat op elke vlak van voorsorgdienste vereis word, is dit belangrik om kennis te dra van watter tipe diens by elk verwag kan word of aangebied mag word.
- Vlak 1 – Primêre gesondheidsdiens
– Toegang tot ‘n gekwalifiseerde verpleegster in geval van nood of navraag
– Gekwalifiseerde verpleegster wat basiese sorg bied, soos bv. medikasietoediening, neem van bloeddruk, versorging en skoonmaak van wonde, ens
– Verpleegster bied diens aan by sentrum “kliniek” op bepaalde dae en tye
– Verpleegster doen huisbesoek op aanvraag
– Reël van nooddienste bv. paramedici, ambulansdiens, doktor, ens. in geval van nood
– Reël vir opname by gekose hospitaal of kliniek
- Vlak 2 – Bystandsorg
– Staan ook bekend as “assisted living”
– Gekwalifiseerde verpleegster wat basiese sorg bied, soos byvoorbeeld medikasietoediening, neem van bloeddruk, ens.
– Verpleegster doen huisbesoek op aanvraag
- Vlak 3 – Sorgsentrum
– Verwys na “frail care”
– Funksionele Sorgsentrum geregistreer by die Departement Maatskaplike Ontwikkeling in terme van Wet 13/2006
– Maaltye moet aan pasiēnte bedien word (3 maaltye per dag / 7 dae per week)
– Beskikbaarheid van opgeleide personeel op 24/7 bystandbasis
– Omruil van linne
– Wasgoeddiens