Negester Klein-Kariba se water word van ‘n boorgat voorsien met die reëling dat eienaars self maandeliks per sms die waterlesing HEV-kantoor toe stuur.
Prosedure:
- By okkupasie word die watermeter op die eienaar se naam geregistreer.
- Op die 20ste van die maand ontvang die eienaar ‘n SMS wat lees: “Goeiedag, kan u asb u watermeterlesing deurstuur voor die 25ste vir erfnommer xyz. HEV Negester”.
- Die sms is ‘n 087 nommer en sal om en by 09:00 deurkom.
- “Reply” slegs op die boodskap.
- Die lesing moet as volg deurgestuur word: Slegs die wit nommers (geen nulle aan die begin van die lesing nie) en slegs die eerste drie rooi nommers moet gelees word.