Wynproe-aand - 12de Junie 2019

Na die die sukses van die eerste wyngilde wynproe-aand is die tweede geleentheid gehou met Tino en Annette Erasmus die gasheer. Die koue weer is trotseer met lekker sop, baie eetgoed en ‘n keuse van Merlot rooiwyn. 

Teenwoordig was: Tino & Annette Erasmus, Wim & Sandra de Wet, Ben & Alida Meyer, Arri en Evelyn Schreiber, Hannes & Tersia du Plessis, Dawid & Elma Appel.

nadat al die wyn geproe is , is daar besluit oor die volgende wenners: 
          –   Merlot 2018 – Protea (Eerste)
          –   KVW Merlot 2017 – Classic Collection (Tweede)
          –   Merlot 2017 – Leopard’s Leap (Derde)
         

Eerste wynproe-aand - 27st Maart 2019

Die eerste wyngilde wynproe-aand is by Wim en Sandra de Wet se huis by die Klein-Kariba oord gehou. As gasheer en gesoute wynproer het Wim die formaat van tipise wynproe-aande verduidelik. Hy het ook die afkoms en geskiedenis van die “Pinotage” kultivar met ons gedeel.

Teenwoordig was: Wim & Sandra de Wet, Roelf & Mary-Ann Venter, Tino & Annette Erasmus, Ben & Alida Meyer, Neville en Gusta Hoare, Trish Fitzpatrick en Angus Hughes.

Die volgende wyne was geproe: 
          –   KWV – Pinotage 2013 – Classic Collection
          –   KWV – Pinotage 2018 – Classic Collection
          –   Weimoed  2017 – Pinotage Heritage selection
          –   Petit – Pinotage 2018 – Ken Forrester Wines
          –   Diemersfontein  – Pintage 2013
          –   Simonsvlei – Pinotage 2002 Classic wines.

Die KWV – Pinotage 2018 is as wenner aangewys gevolg deur die Petit – Pinotage 2018. Alhoevel Simonsvlei – Pinotage 2002 die toekenning ontvang het as “Silver Medal International Wines winner 2003” dit die swakste gevaar het van al die wyne wat geproe is.

 

Close Menu