Koro Creek Klubhuis
Omdat Negester Klein-Kariba nie sy eie 18-put gholfbaan besit nie, is daar gekyk na die moontlikheid om van die gholfbane in die omgewing gebruik te maak. So het Roelf Venter die bestuur by die Koro Creek Gholfbaan genader om spesiale lidmaatskap en baankostes vir die gholfspelers van Negester te beding.
Lidmaatskap vir Negesterinwoners by Koro Creek is R2500 per jaar en ‘n baanfooi van R100 per dag. ‘n Addisionele R20 word gevra as dit ‘n kompetisiespel is, en indien ‘n gholfkarretjie benodig word, gaan dit ‘n verdere R150 kos. Daar is ook die opsie om ‘n jaarlikse fooi van R7400 te betaal wat die speler onbeperkte toegang tot die gholfbaan en fasiliteite by Koro Creek gee.
Negester gholfspelers kan ook lede word van die Senior Golf Association (SAGES) vir ‘n fooi van R200 per jaar. Byeenkomstes word oor die hele Waterbergstreek gehou waar daar elke maand op ‘n ander gholfbaan gepeel word. Die baankostes is dieselfde as die wat Negester gholfspelers by Koro Creek betaal. Enige senior speler is welkom en speel teen dieselfde tariewe.
Deelname gee gholfspelers die geleentheid om op sosiale vlak met ander mense te ontspan, om samesyn te bevorder terwyl die liggaam ook ‘n bietjie oefening in die buitelug kry. Na ‘n paar ure se “harde” werk op die gholfbaan, bied die restaurant heerlike etes aan wat teen ‘n baie bilikke prys gekoop kan word.
Vir die klubkampioenskappe wat gespeel word, word daar gewissel tussen verskeie gholfbane in die omgewing en gee dit vir gholfspelers die geleentheid om ander bane te troef. Gholfbane wat by so ‘n kampioenskap betrokke is sluit in:
- Koro Creek Gholfbaan (20Km van Negester)
- Legends (100Km)
- Zebula (40Km)
- Elements (30Km)
- Euphoria (60Km)
Kontak gerus vir Coenie Louw indien julle belangstel om meer uit te vind.-