Tydens die totstandkoming van verskeie belangegroepe vir Negester was daar gou die behoefte en belangstelling onder die dames om ‘n handwerkgroep te stig waar almal wat bymekaar wil kom, hul eie gawes en talente uit kan leef. Elkeen bring sy eie handwerk saam of kom kuier net vir ‘n geselsie of ‘n koppie tee.
Tans kom die dames op Dinsdagmiddae om 14:00 by die HEV-saal byeen om hul handwerk te bespreek, idees uit te ruil, lekker te kuier en ‘n koppie tee te drink.
Alle belangstellendes kan vir Rita Coetzee kontak by 014-736-2399 of 083-227-1351