Klein-Kariba dam

Daar is vir sommige mense niks meer ontspannend as om langs die viswaters te sit nie, en waar aan diep dinge gedink word terwyl daar gewag word vir ‘n vissie om te byt.

Waar om te hengel?
Vir ‘n vinnige visvangsessie is die dam by die Klein-Kariba oord die ideale plek.

Daar is ook ander nabygeleë plekke soos die Klipspringerdam wat so 8km van Modimolle op die Mookgopongpad is en Klein Donkerpoortdam wat op die Vaalwaterpad is, so 20km van Negester af.

Behalwe ‘n verskeidenheid vissoorte, bied albei bogenoemde plekke ander geriewe soos chalets, kampeerplek, karavaanstaanplek, kleedkamers, ens., aan. 

Omdat hierdie plekke privaat besit word is daar beperkte toegang, waarvoor ‘n klein footjie gevra word, en sekuriteit.

Indien julle belangstel om die plekke te gaan besoek kan die volgende persone gekontak word:

Klipspringerdam – Martin de Beer (083 785 3475)

Klein Donkerpoortdam – Martin Combrink (061 867 5717)

Indien julle weet van ander plekke waar daar gehengel kan word, laat weet ons asseblief. 

Terug na “Sportaktiwiteite”

Close Menu