As deel van die totstandkoming van die verskeie belangegroepe vir Negester, het Dawid Appel leiding geneem as ko-ordineerder vir die kampeerklub. By die eerste vergadering is daar besluit om elke 2de maand te gaan kamp en die kampe sal nie ‘n formele aanslag hê.  Ons kuier net in die aande saam indien jy sou verkies.

Om meer inwoners die geleentheid te bied om betrokke te raak is besluit om dit nie net ‘n karavaanklub te noem nie maar wel ‘n kampeerklub. Sodoende kan diegene met tente en selfs die wat verkies om in oordakkommodasie te bly, deelneem. Elke kamp sal ook deur alternatiewe persone gereël word.

Tydens die eerste kamp word daar besluit om ‘n naam vir die groep te kry en   “Skopsuile Kampeerders” word algemeen aanvaar.

Almal is welkom om by die aktiwiteite aan te sluit. Kontak gerus vir Dawid Appel indien u belangstel en meer inligting benodig. 

Terug na “Sosiale aktiwiteite”

Close Menu