SOSIALE AKTIWITEITE

Tydens die totstandkoming van die Sosiale Groep vir Negester is Derek Grobler as Koördineerder ingespan om die onderskeie belangegroepe te organiseer, te vestig en ‘n deurlopende ondersteuningsrol te vul om al die aktiwiteite sigbaar te maak.

Vergaderings word kwartaalliks met die onderskeie sameroepers gehou om sinergie te bevorder en om te verseker Negesterinwoners kry net die beste sosiale geleenthede, funksies, vermaak en pret.

Die verskeidenheid aktiwiteite wat aangebied word het almal ten doel om al die inwoners op een of ander manier te betrek by ‘n aktiwiteit of geleentheid.

Inwoners word dus aangemoedig om by die aktiwiteite in te skakel om sodoende nuwe vriende te maak.

Die gedagte is dat Negesterinwoners vir ons moet sê wat hulle hier wil byvoeg – voorstelle en idees om aan te pas en in te pas sal verwelkom word.

ONTHOU

Indien julle op hoogte van sake wil bly met betrekking tot die aktiwiteite van die jukskeigroep, kontak Flip Snyers om deel te word van die "Jukskei op Negester" WhatsApp groep.

Terug na “Belangegroepe”

Close Menu