• Negester se swemoefeninge is deur Tino Erasmus begin, waar hy dit reeds vir 10 jaar, voor aftrede, beoefen het en klasse aangebied het. Hy het dit op 1 Oktober 2016 begin en dit was van die begin af goed geondersteun  en gewild onder die Negesterinwoners.
  • Daar is verskillende oefeninge wat aangebied word om alle spiere te laat werk en soepelheid asook fiksheid aan te spreek. Die lekker van wateroefeninge is dat enige persoon, ook gestremdes, die oefeninge kan doen, en jy eintlik gewigloos in die water is, en maklik, sonder dat jy dit agter kom, oefen.
  • Met die oefeninge word daar van noedels, 5L bottels en rekke gebruik gemaak om al die oefeninge te kan doen.
  • Enige Negesterinwoner is welkom by die oefeninge en dit kos niks. In die Somer oefen ons in ons eie koue water swembad en in die Winter onder by Klein Kariba tot ons swembad verhit is. Inligting oor oefentye is beskikbaar op die kalender.
  • Die sameroeper van swem is Tino Erasmus en julle kan hom kontak op sy selnr. 082 921 3602. 

Terug na “Sportaktiwiteite”

Close Menu