Negester Klein-Kariba is in die Waterberg Bosveld geleë en daar is ‘n potensiële 340 voëlspesies wat hier voorkom. 80% Hiervan is tuis in die Bosveld en die ander 20% is somerbesoekers. Minstens ‘n 20% van die 340 voëlspesies kan as watervoëls beskou word wat afhanklik is van watermassas soos standhoudende riviere of damme. Aangesien Negester tans nie oor sulke standhoudende water beskik nie,laat dit dus slegs ongeveer 270 spesies.

Daar is heelparty ervare voëlkykers wat reeds op Negester woonagtig is, dit sluit ‘n groot aantal lede van die Bosveld Voëlklub in, insluitend ‘n voormalige Voorsitter en die huidige Sekretaris.

Birdlife South Africa beskou die Waterberg gebied as ‘n belangrike gebied vanweë die feit dat daar beduidende aantal van bedreigde voëlspesies hier voorkom. Van die sleutelspesies is die Sekretarisvoël, Kransaasvoël, Breëkoparend, Veldpou, Edelvalk, Witrugnagreier, Watertrapper, Witpenskorhaan en die Grasuil. Daar is ook bevolkings van ‘n aantal krities bedreigde spesies soos die Grootswartooievaar, Witkruisarend en die Bosveldpapegaai.

Daar is reeds 148 spesies aangeteken op Negester en die lys groei bykans daagliks.

Terug na “Omgewingsaktiwiteite”

Close Menu