Die begin van ‘n wyngilde vir die inwoners van Negester het sy oorsprong tydens ‘n gesprek tussen Wim de Wet en Angus Hughes toe Wim genoem het dat daar vir baie jare ‘n wyngilde by Klein-Kariba ontstaan het maar ongelukkig doodgeloop het.

Omdat daar heelwat wynliefhebbers by Negester woonagtig is, is dit goedgedink om, as deel van die Negester sosiale aktiwiteite, hier ‘n wyngilde te stig.

Daar is toe besluit op ‘n datum en die eerste wynproeaand is gehou.

Indien enige persoon belangstel, laat ons gerus weet sodat ons julle kan insluit by toekomstige geleenthede. 

Terug na “Sosiale aktiwiteite”

Close Menu