Die stilte, rustigheid en atmosfeer eie aan Negester, veral teen laatmiddag, wanneer die bouspanne vertrek het, en oor naweke, is vir die inwoners ’n uiters aangename ervaring. Om laatmiddag op die stoep te sit en alles om ons waar te neem, is ’n wonderlike ervaring en voorreg.

Die atmosfeer van ’n plek word goed gedefinieer in Engels naamlik:
      –     “Sense of place: often used in relation to those characteristics that make a place special or unique, as well as to those that foster a sense of authentic human attachment and belonging… the atmosphere of a place”.

Of, soos op die webwerf bemark word:
“…waar die Suiderkruis witter as die stedeligte in jou siel bly skitter.”

Wanneer dit kom by rus en vrede, kan min dinge kers vashou by die Bosveld se rustigheid en oop stiltes. In plaas van ’n wekker, kan jy wakker word met die geroep van die bospatrys of die piet-my-vrou.
Dit kan dus gestel word dat die atmosfeer van ’n plek, ’n kwaliteitervaring tot gevolg sal hê. Dit het baie te doen met sintuiglike ervaring. Die atmosfeer van Negester moet sover moontlik behoue bly.

Terug na “Omgewingsaktiwiteite”

Close Menu