Inwoners van Negester speel graag rolbal by die Warmbad Rolbalklub waar daar ongeveer 72 lede is. Die jaarlikse ledegeld is R1200 per persoon. Daar word as ‘n klub Maandae en Woensdae vanaf 15h00 tot so 17h30 / 18h00 gespeel waarna spelers kan ontspan en lekker by die klubhuis kuier.

Klubkompetisies word gereeld gehou en uitnodigings vir klubtoernoeie word ontvang van die Modimolle, Naboomspruit, Pietersburg, Potgietersrus en Pretoria rolbalklubs. Spelers kan besluit of hulle wil deelneem en  in watter formaat, bv., enkels, dubbels, trips of viere.

Hoe gaan ‘n persoon te werk om aan te sluit?

Die klub verskaf oefenballe vir diegene wat eers wil vastel of rolbal iets is waaraan hulle wil deelneem. Opleiding word gegee om die reëls van die spel te leer ken en om van die tegnieke aan te leer. Daar word ook nie verwag van nuwelinge om binne die eerste 3 maande die voorgeskrewe drag aan te koop nie, dit wil sê die wit skoene, hemp en broek wat die mans dra, ens. Enige persoon kan Dinsdae, Donderdae, Saterdae en Sondae gaan oefen. (Die baanmeester moet in kennis gestel word indien die baan op ‘n Saterdag of Sondag gebruik wil word).

Kontak asseblief vir Herklaas of Norman indien julle belangstel.     

Terug na “Sportaktiwiteite”

Close Menu